|
In die begin was die Woord, en
die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God.
Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding
ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig
van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het
dit nie oorweldig nie.
Johannes 1: 1 tot 5 |